Doelstelling


By Houtkruis Bybelkerk bestaan ons met die uitsluitlike doel om God te verheerlik. Ons wil God verheerlik deur ons lede op te bou en toe te rus vir hulle dienswerk binne die liggaam van Christus. Hierdie opbouing sluit alle fasette van ons lewe in (huwelik, ouerskap, werk en rus).

Ons wil God ook verheerlik deur die evangelie te versprei in ons gemeenskap. Ons wil sout en lig wees reg hier in Centurion.

Ons wil ook God verheerlik deur getroue toekomstige leiers op te lei en uit te stuur om nog Bybelse Kerke in Suid Afrika en in die wêreld te gaan plant.

Missie


Ons wil die bogenoemde doel bereik deur Christus gesentreerd, en Bybel gefundeerd te wees in alles wat ons doen.

Ons mik om ‘n gemeente te wees wat fokus op Jesus Christus. Die evangelie moet nooit afgewater of irrelevant vir ons wees nie. Ons gaan die persoon en werk van Jesus sentraal hou en werk daaraan dat dit vir ons kosbaar bly, maak nie saak hoe vêr ons vorder of groei in heiligheid nie.

Verder mik ons ook om Bybels te wees in alles wat ons doen. Ons streef daarna om ‘n Bybelse Kerk te wees, met ‘n ware liefde vir die Skrif. Ons wil hê dat die Bybel ons besluite, verhoudings en bedienings as ‘n gemeente vorm. God se woord moet gepreek word, dit moet die fondasie wees van ons berading en interaksie met mekaar. Ons wil ook die Skrif gebruik om mense te vertel van die verlossing wat slegs in Jesus Christus is.