Ons ontstaan


Houtkruis Bybelkerk is ’n kerkplant vanuit Midrand Christen gemeente (MCG).

MCG het in 2008 begin as ’n klein groepe mense wat ontmoet het in Midrand Chapel se saal. Oor die jare het die gemeente gegroei vanuit Pretoria Oos en Centurion. In 2019 het MCG ’n kerk in Pretoria Oos geplant met van hulle lede wat al die pad Midrand toe deurgery het. Hierdie gemeente se naam is PCG (Pretoria Christen gemeente) en word gelei deur pastoor Matt Viljoen.

Kort nadat PCG geplant is het dit duidelik geword dat daar ook ‘n behoefte is vir ‘n Bybel gefundeerde gemeente in Centurion. In Januarie 2022 is Houtkruis Bybelkerk deur MCG geplant in die Noorde van Centurion. Die gemeente word gelei deur pastore Frank de Wet en Duan du Toit.

Ons begeerte is dat God ons as ‘n gemeente sal gebruik, om van die +- 150,000 Afrikaans sprekendes in Centurion te bereik met die ware evangelie van Jesus Christus, wat lewens transformeer.