Ontmoet Ons Leiers


Frank de Wet

Frank het in 2000 gematrikuleer en studeer van 2001 tot 2004 Bedryfs Ingenieurswese. In 2005 raak hy betrokke by Grace Fellowship Pretoria waar hy vir Hester ontmoet. In 2006 trou hulle. Hulle het tans drie kinders, Eané (2009), Jacques (2013) en Terence (2017). In 2005 werk Frank vir MAN truck and Bus en van 2006 tot 2010 vir Mercedes-Benz SA as bedryfs ingenieur. In 2011 begin Frank teologie studeer by Christ Seminary in Polokwane. Tydens hierdie jare dien Frank in Living Hope Church (’n kerk plant in Sunnyside Pretoria). In Januarie 2015 word Frank en sy gesin beroep na Midrand Christen Gemeente.


Tobie Krige

Tobie het tot bekering gekom in die hoerskool voor hy Bedryfs-Ingenieurswese gaan studeer het by TUKS in 1991. Sy betrokkenheid by die bediening het gelydelik oor die jare gegroei en ontwikkel. Tobie werk tans vir Adcock Ingram as Distribusie hoof bestuurder. Tobie, was 'n aktiewe lid by Midrand Chapel onder die leiding van Pastoor Chris Woolley. Hy was ook lank aktief by MCG (Midrand Christen Gemeente) onderleiding van Matt Viljoen en Frank de Wet. Tobie was aktief betrokke by HBK (Houtkruis Bybelkerk) se kerk planting in 2022. Tobie was aangestel as nie-betalende ouderling by HBK in 2023. Tobie en sy vrou Annelie het in 2000 getrou en is geseën met vyf kinders.