Nuwe Besoeker


Ons is Christus gesentreerd, Bybel gefundeerd, en verhoudings georiënteerd.

Wat om te verwag

Ons dienste fokus primêr op die aanbidding van God en die verkondiging van die woord. Ons lofprysing is op God en waarheid gerig, nie op die persoon of op gevoel nie. Ons preke fokus op die verduideliking en toepassing van die woord. Ons preek gewoonlik sistematies deur ’n boek van die Bybel Sondag vir Sondag. Ons prediking is eksposisioneel. Dit beteken ons verduidelik wat die teks sê, ons lees nie ons eie idees of voorkeure in die teks in nie. Ons preek die woord, nie mooi stories nie. Ons moedig skoolgaande kinders aan om in die diens te sit en te leer om deel te wees van die gemeente. Ons bied kindersorg aan vir kinders tussen 3 en 7 jaar oud. Ons kuier lekker na die diens met ‘n heerlike koppie koffie of tee en geniet mekaar. Ons is baie betrokke in mekaar se lewens en wil graag saam met jou ’n pad stap om jou te help om God te leer ken en Hom te verheerlik in jou lewe.

Tyd & Plek

Ons ontmoet by Leriba Hotel 245 End St, Clubview, Centurion, 0157 (sien kaart onder).

Tyd: 09:00 vm

Algemene Vrae

Ons het kindersorg vir kleuters van 3 tot 8 jaar oud. Toesig word gegee tydens die preek. Luister uit vir die afkondiging na die skriflesing tydens die diens. Kinders wat ouer is as 8 sit gewoontlik langs hulle ouers in die diens om na die prediking te luister.
Ons trek redelik formeel aan vir ons Sondae dienste. Verder wil ons nie iemand in die versoeking stel deur iets aan te trek wat te laag, te hoog, te styf of te min is nie.

Raak Betrokke

Familie Bybelstudie elke week:
Skakel in by Valhalla of the Reeds 16:00 op Sondae.
Manne Bybelstudie elke tweede week:
Saterdae om 6:00
Vroue Bybelstudie elke tweede week:
Woensdae 9:30 - 11:00. Saterdag oggend 9:00 -10:30.
Jong Volwassenes Bybelstudie een keer per maand:
Sondae na die diens.
Hoërskool Bybelstudie een maal per maand:
Vrydae laat middag.