Wat is DIE EVANGELIE?

Om die evangelie te verstaan help dit om na die volgende 4 vrae te kyk:

God is ons Skepper

“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape”. (Gen. 1:27).

(Gen. 1:1, 26; Hand. 17:24-29)

God is ons Eienaar

Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon. (Ps. 24:1).

(Ps. 50:10-12)

God verdien ons Aanbidding

  • Ons moet Hom verheerlik (Jes. 43:7) en aanbid (Ps. 33:6-9).
  • Ons moet onsself in Hom verbly (1 Pet. 1:8).

God is die skepper van hemel en aarde. Hy is almagtig, alwetend, alomteenwoordig. Hy is goed, geduldig, wys en lankmoedig. Sy eienskappe is almal perfek en majestueus. Daar is niemand soos Hy nie. Baie mense sê dat God liefdevol is, maar baie min mense verstaan die liefde van God. Mense dink dat God in sy liefde mense sal vergewe vir hulle sondes, sonder enige nagevolge. Maar

God is ‘n Regverdige Regter

God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke dag toornig is.

As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee. (Ps.7:12-13).

God gaan die sondaar sonder berou oordeel (Ps. 11:4-7).

God is ‘n Liefdevolle God

v.6 En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; v.7 wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag (Eks 34:6-7).

God se liefdevolle, barmhartige en genadige aard kanselleer nie die feit uit dat Hy nie die skuldige ongestraf sal laat bly nie. Sy liefde skakel nie Sy geregtigheid en reg uit nie (Ps. 33:5, 89:15, Jes. 45:19).

Elke mens word in sonde gebore

Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang (Ps. 51:7).

Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het (Rom. 5:12).

Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word (Rom. 5:18).

  • Elke mens word met ‘n sondige geaardheid gebore.
  • Adam se sonde het elke persoon geïnfekteer/raak elke persoon.
  • Elke mens gaan sterf as gevolg van Adam se sonde.
  • God reken die skuld van Adam as alle mense se skuld (Rom. 5:12-14, 18-19).

Elke mens sondig/doen sonde

want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom. 3:23).

  • Die mens sondig teen God (Ps. 51:6).
  • Die mens se hart is korrup/sleg, bedrieglik en ongeneeslik (Mat. 15:19, Jer. 17:9).
  • Die mens se gedagtes/binneste/gees is vyandig teenoor God en kan nie reg dink nie (Rom. 1:21, Ef. 4:17-19).
  • Die mens jaag sy vleeslike begeertes na (Ef. 2:3).

Die mens se goeie dade is soos besoedelde klere (Jes. 64:6).

Elke mens is goddeloos/sondig/onregverdig

soos geskrywe is: DAAR IS NIEMAND REGVERDIG NIE, SELFS NIE EEN NIE. DAAR IS NIEMAND WAT VERSTANDIG IS NIE, DAAR IS NIEMAND WAT GOD SOEK NIE (Rom. 3:10-11).

Die gevolge van in sonde gebore te wees en te sondig

Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

(Rom. 6:23)

  • Die mens is tot die dood veroordeel.
  • Geestelike dood (Ef. 2:1)
  • Fisiese/Liggaamlike dood (Rom. 5:12-14, 1 Kor. 15: 12-22)
  • Ewige dood (Op. 20:6,14)
  • Die mens is ‘n slaaf van die sonde (Rom. 6:6,17,19).

Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid. (Ef. 5:6)

  • Die mens is onder die toorn van God (Ef. 2:3).
  • Die mens is ‘n vyand van God (Rom. 5:10).
  • Die mens soek nie vir God nie (Rom. 3:11).
  • Die mens se verstand is versluier vir die evangelie (2 Kor. 4:3-4).
  • Die mens is swak/magteloos (Rom. 5:6).

Die Rol van die Wet

  • Die Wet maak jou verantwoordelik teenoor God (Rom. 3:19-20).
  • Die Wet gee kennis van sonde (Gal. 3:19, vergelyk Rom. 3:20).
  • Die Wet maak nie die mens regverdig nie (Gal. 2:16).
  • Die Wet bring ‘n vloek, want jy moet die hele wet onderhou (Gal. 3:10).
  • Die Wet maak van die mens ‘n slaaf (Gal. 4:1-3).
  • Die Wet tree op as ‘n onderwyser/leermeester en bewaarder/beskermer om jou na Christus toe te lei (Gal. 3:23-23, 4:4-6).

Elke mens sal geoordeel word

En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel

(Heb. 9:27).

  • Die mens sal geoordeel word volgens sy dade, die verborge dinge van die mens en die Evangelie (Rom. 2:5-6; 16).
  • Die onregverdiges sal die ewigheid in die hel deurbring, die regverdiges sal die ewigheid deurbring in Heerlikheid, Onsterflikheid en in die Ewige Lewe  (Rom. 2:7-10)

God het God-Mens geword

Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis (Fil. 2:5-8).

in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik. (Kol. 2:9)

Jesus Christus, die Seun van God, het by Sy ewig bestaande Goddelike natuur die menslike natuur bygevoeg. Hy was volledig God en tegelyk volledig mens.

God het in Jesus Sy liefde geïllustreer/bewys

Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (Rom. 5:8)

 Jesus het vir ons sondes gesterf en weer opgestaan

Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte (1 Kor. 15:3-4)

God se regverdige oordeel was oor Jesus uitgestort en was ten volle versadig vir almal wat in geloof op Jesus vertrou (Rom. 3:21-26). In die kruis sien ons God se Liefde en God se Regverdigheid die mees duidelikste ten toon gestel (Rom. 1:16-17; Rom. 5:8-9, 1 Joh. 4:9-10, 1 Tes 1:10).

Jesus het ons met God versoen

Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is. (Rom. 5:10)

Ons was God se vyande en Christus het vrede gebring tussen ons en God. (Hy het die gebroke verhouding herstel.)

Jesus het ons verlos

Verlossing is ‘n handelsterm wat gebruik is om die vrykoop van slawe aan te dui. Jesus het

die skuld betaal wat ons God skuld, deurdat Hy Sy bloed vergiet het aan die kruis. (Rom.

3:24, Mark. 10:45)

Jesus was ons Plaasvervanger

Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word

Geregtigheid van God in Hom. (2 Kor. 5:21)

Volgens God se siening is ons sonde en skuld oorgedra na Christus se rekening en Jesus se

geregtigheid word na die gelowige se rekening gekrediteer. Jesus het ons straf geneem en ons ontvang Sy geregtigheid.

God beveel jou om jou te bekeer

God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. (Hand. 17:30-31)

Ware geloof kan nie gebeur sonder werklike bekering van sonde nie (Jak. 2:14-26). Jy moet jou sondes aan God bely sodat jy vergewe kan word op grond van wat Jesus gedoen het (1 Joh. 1:9; Spr. 28:13). Daar moet werklike berou wees en die gewilligheid om te verander (2 Kor. 7:9-10; Job 42:6; Ps. 119:10, 30-32). Jy moet jou rug op jou sondes draai en jou afgode neerlê (1 Thes. 1:9-10; Jes. 55:7-9).

Jy moet glo

 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (Rom. 10:9-10)

Bybelse geloof  is ‘n totale afhanklikheid, ‘n heelhartige vertroue, ‘n volle vertroue en verbintenis aan Jesus Christus as Verlosser en Here.

Jy moet die koste bereken

En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. (Luk. 9:23)

(Luk. 12:49-52, 14:26-33, Joh. 8:31-44)

Wat is waar van jou as jy werklik in die Evangelie glo?

  • Jy is ‘n nuwe skepping (2 Kor. 5:17).
  • Jy is weergebore (Joh. 3:3).
  • Jy het ‘n nuwe hart gekry (Eseg. 36:26).
  • Jy het nuwe begeertes (Eseg. 36:27, Gal. 5:16).
  • Jy het die Heilige Gees wat in jou woon (Eseg. 36:27, Ef. 1:13).
  • Jy het Christus ontvang (Joh. 1:12).
  • Jy is aangeneem as kind (Gal. 4:6).
  • Jy ken God en Jesus, wat beteken dat jy die Ewige Lewe het (Jer. 31:34, Joh. 17:3, 1 Joh. 5:11-13).
  • Jou sondes is vergewe (Jer. 31:34, Kol. 1:14).
  • Jy is onder die Gees en genade, en nie onder die wet nie (Gal. 5:19, Rom. 6:14).
  • Jy is gedoop in die liggaam van Christus (1 Kor. 12:13).